Goeienaand almal,
Sjoe ek kan nie glo `n week het so vinnig verby gevlieg nie, maar ja die tyd staan nie stil nie! Ek sit vannaad hier met `n klein hartseer gevoel in my hartjie, want ek weet dit is amper tyd om te gaan....Bloem toe te gaan. En dit beteken dat ek vir julle almal moet koebaai se...
Julle daar wag groot dinge vir ons almal...nuwe werk volgende jaar, nuwe blyplek, vir sommiges `n nuwe man en vrou..hehe..Henco en Lietjie ek is SO bly vir julle!!! Die liefde is `n wonderlike ding! Ek kan nie meer wag vir hierdie groot dinge nie. God is so groot en Hy beplan vir ons voorspoed en `n verwagting in die toekoms (Jeremia 29:11)
Hou vas aan Hom, wat die beste vir jou lewe weet...en wees BLY! Wees bly en se elke dag dankie vir al die seeninge wat jy in jou lewe het.
Carpe Diem- Gryp die dag!
Baie liefde
Nicola
Dis heerlik om jou as mej. positief om my te hê deesdae!ja, dis nie lekker om weer bye te sê vir 'n paar weke nie, maar tog kan ons met verwagting uitsien want God het beslis iets beplan vir ons vir die volgende tydjie. Jy's 'n pragtige mens Nix, gaan jou mis...
ReplyDelete