Hallo almal...
Ek het vanoggend opgestaan en net besef hoe bevooreg ek is om te kan lewe. Hoe weird gevoel was dit nie, want ek meen ons staan elke dag op en leef, maar vanoggend het ek net `n ernstige gevoel gehad oor die feit dat ek lewe!
Ek gaan gym toe, en toe ek terug stap koshuis toe, toe spuit hulle die gras daar in wasgoedpennetjie-laan nat en ek ruik net hierdie vars nuwe gras wat groei...dit is lewe! By die duikweg uitgekom, by VMN se hoek is so boom met geel bloeiseltjies, dit ruik so lekker, maar ek onthou van vorige jare dat die buie oor so rukkie hulle gaan tuismaak in daardie boom, maar dis lewe!
Wow, toe lees ek in my bybeldagboekie wat ek in die oggend lees die volgende: Spreuke 3:6
"Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys".
Dit is amazing, ek het net besef dat ek elke dag en vandag voluit moet lewe, uit dankbaarheid vir God se liefde. En wat nog beter is, is dat ek my nie oor die dag van more hoef te bekommer nie, want God sal my die regte pad wys!
Op hierdie stadium in my lewe is daar baie onbekende dinge: Werk vir 2011, Blyblek vir 2011, Liefde, Vriende....so kan dit seker maar aangaan, maar ek weet net God gaan my verras!!! Hy gaan vir my meer gee as waarvoor ek ooit kon vra, en ek loof en prys Hom daarvoor!!!
Mag elkeen van julle `n wonderlike dag he, en ek wens elkeen van julle word more oggend wakker met hierdie gevoel!!!
Daar is 'n groot verskil tussen bestaan en leef, maar dit is vir my duidelik dat jy nie net leef nie maar ook alles mooi in die lewe raaksien!
ReplyDeleteMoet nie gaan staan en skrik vir die onbekende nie maar Gryp die aan!! Carpe Diem! Ek hou baie daarvan! Maar dit beteken soveel meer as wat ons dink, ek dink toe hulle die eerste keer die woorde Carpe Diem gebruik het wou hulle he soos dit beteken dat jy die dag moet aangryp! Moet nie iets los vir more as jy dit vandag kan doen nie en moet nooit vergeet om te lewe nie!!!
ReplyDeleteGroetnis
Henco