Tuesday, August 24, 2010

24 Augustus 2010- `n Week later en als is steeds Wonderlik!

Goeienaand almal,
Sjoe ek kan nie glo `n week het so vinnig verby gevlieg nie, maar ja die tyd staan nie stil nie! Ek sit vannaad hier met `n klein hartseer gevoel in my hartjie, want ek weet dit is amper tyd om te gaan....Bloem toe te gaan. En dit beteken dat ek vir julle almal moet koebaai se...

Julle daar wag groot dinge vir ons almal...nuwe werk volgende jaar, nuwe blyplek, vir sommiges `n nuwe man en vrou..hehe..Henco en Lietjie ek is SO bly vir julle!!! Die liefde is `n wonderlike ding! Ek kan nie meer wag vir hierdie groot dinge nie. God is so groot en Hy beplan vir ons voorspoed en `n verwagting in die toekoms (Jeremia 29:11)

Hou vas aan Hom, wat die beste vir jou lewe weet...en wees BLY! Wees bly en se elke dag dankie vir al die seeninge wat jy in jou lewe het.

Carpe Diem- Gryp die dag!
Baie liefde
Nicola

Thursday, August 19, 2010

19 Augustus 2010...Wat `n wonderlike dag!

Hallo almal...
Ek het vanoggend opgestaan en net besef hoe bevooreg ek is om te kan lewe. Hoe weird gevoel was dit nie, want ek meen ons staan elke dag op en leef, maar vanoggend het ek net `n ernstige gevoel gehad oor die feit dat ek lewe!

Ek gaan gym toe, en toe ek terug stap koshuis toe, toe spuit hulle die gras daar in wasgoedpennetjie-laan nat en ek ruik net hierdie vars nuwe gras wat groei...dit is lewe! By die duikweg uitgekom, by VMN se hoek is so boom met geel bloeiseltjies, dit ruik so lekker, maar ek onthou van vorige jare dat die buie oor so rukkie hulle gaan tuismaak in daardie boom, maar dis lewe!

Wow, toe lees ek in my bybeldagboekie wat ek in die oggend lees die volgende: Spreuke 3:6
"Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys".

Dit is amazing, ek het net besef dat ek elke dag en vandag voluit moet lewe, uit dankbaarheid vir God se liefde. En wat nog beter is, is dat ek my nie oor die dag van more hoef te bekommer nie, want God sal my die regte pad wys!

Op hierdie stadium in my lewe is daar baie onbekende dinge: Werk vir 2011, Blyblek vir 2011, Liefde, Vriende....so kan dit seker maar aangaan, maar ek weet net God gaan my verras!!! Hy gaan vir my meer gee as waarvoor ek ooit kon vra, en ek loof en prys Hom daarvoor!!!

Mag elkeen van julle `n wonderlike dag he, en ek wens elkeen van julle word more oggend wakker met hierdie gevoel!!!